Wie ons is |
Ons is n Afrikaanse pinkster AGS kerk, en ons gemeente se naam is BETESDA.
Betesda beteken letterlik iets soos huis van GENADE, en al maak ons geen kompromie met dit wat verkeerd
is nie, is AGS Bothasig Betesda Gemeente, 'n plek waar GOD vir jou GENADE wil aanbied!
Ons Gemeente bied jou 'n plek waar jy geestelik kan groei, want ons visie is om lidmate in ledemate te verander,
sodat jy kan word, wat God vir jou beplan het om te wees.
Ons het ook 'n sterk begeerte na die werking van die HEILIGE GEES, tydens ons lofprysing en aanbidding, so kom geniet
saam met ons die teenwoordigheid van GOD, dit verander jou lewe ! |
|
|
Geesgedagte |
Lof en Aanbidding.......... GOD se SLEUTEL !
Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
Ons in Bothasig word al hoe meer bewus dat Lof en Aanbidding nie net DEEL is van ons Godsdiens nie, veel eerder 'n KERN ELEMENT daarvan.
Lof en Aanbidding is die "SLEUTEL" wat God ons gegee het om toegang na Hom te verkry. Dit beteken dat ons Lof en Aanbidding nie net sing
kan wees nie, dit MOET kontak met GOD bewerk. Dit is ook nie 'n "KERK AKTIWITEIT" per sy nie, dis deel van my dag tot dag privaat lewe !
My vraag aan elkeen van ons: HOEVEEL TYD SPANDEER JY AAN VERSOEKE BY GOD TEENOOR LOF EN AANBIDDING ?
WATTER PERSENTASIE VAN JOU GEBED IS LOF EN AANBIDDING ?
HEBREERS 13:15 verklaar dat Lof en Aanbidding die natuurlike VRUG van ons as GOD se kinders se lippe behoort te wees. Kom ons doen dit.AGS Groete
Pastoor Dawid
|
|
31 Mar - 06 Apr | | | | | MAANDAG | | | DINSDAG | | | WOENSDAG | 19:00 Biduur | | | DONDERDAG | | | VRYDAG | | | SATERDAG | 19:00 Kuiertyd | | | SONDAG | 09:00 Oggend Diens | 18:00 Woord Skool | | |
|